Tuesday 8 May 2012

Ek is huidiglik besig met my NGOS (nagraadse onderwys sertifikaat) . Ek was besig met 'n verpligte ekstrakurrikulere aktiwiteit (hokkie) toe ek haar ontmoet het. Alicia Snyman. Sy het langs my gesit in die lesing, en sy kon nie stilsit nie. Haar voet het heletyd gespring, sy't lukraak geselsies aangeknoop met almal, aan haar pennesakkie gekarring, die plastiek van haar hokkiestok afgetrek, aan haar hare gevat, haar neus gekrap plus minus drie keer in een minuut. Ek het dadelik geweet: Sy lei aan AGHS(od die meer bekende term, ADHD). Omdat ek met 'n boetie groot geword het wat aan AGHS lei, kon ek dit dadelik uitken. Ek haar sommer prontuit gevra: Lei jy aan ADHD? Sy't onmiddelik gevries en met 'n frons gevra: Hoe't jy geweet? Sy was aanvanklik ongemaklik om daaroor te praat maar toe sy hoor dat ek saam met 'n boetie groot geword het wat 'n erge geval van ADHD het, het sy soos 'n roos oopgeblom oor die onderwerp. "Aanvanklik het my boetie slegs mediaksie gebruik as hy moes leer", verduidelik ek vir haar. Sy verras my deur te se dat Sy perdry terapie ondergaan het. "Perdry terapie?", vra ek. Ja! Bulder sy! Sonder dit sou ek nie my hoerskool loopbaan kon voltooi nie! Die eerste indruk van perdry terapie laat ouers skepties, omdat dit baie fisiese risiko's beloop, soos beserings, harde fisiese oefening, ens. "Ek het 'n paar keer van die perd afgeval omdat ek nie opgelet het nie", lag sy, "maar later aan het ek geleer as ek nie konsentreer of kyk wat ek doen nie, is ek verantwoordelik vir my eie seerkry". "Die perdry terapie het na 'n ruk 'n geweldige positiewe invloed op my konsentrasievlakke, prestasie vlakke en energievlakke gehad. My energie is in die perdry 'gechannel' en so het dit my kalmeer en kon ek my lewe leef. Ek kon gesprekke voer met mense en hul het my verstaan, onderwysers het minder met my geraas omdat ek bietjie rustiger was. Maar toe ek universiteit toe gekom het, het ek ophou perdry. Als het daarna bietjie afgeneem. My konsentrasie het weer verswak, ek het weer hiperaktief geword, al die ou simptome het terug gekom. So dit is beslis 'n bewys dat perdry terapie werk!". Uit die perd se bek.

Wat is AGHS ('ADHD')? (Perdry terapie effek op AGHS-lyers)

AGHS (ADHD):
Die temming van die
“onmoontlike klein rakker”

Dit is een van die mees algemene stoornisse van die kindertyd en kan meermale tot in die puberteit voorduur. Maar soms kom dit ook in die volwas­se jare voor—en dan baiemaal by totaal ongeor­ganiseerde, ongelukkige mense. En dikwels weet hulle nie eens dat dit die rede is hoekom hulle nie by een werk kan bly of so sleg onthou om af­sprake na te kom nie...
Foto met subobskrif bo is verwerk uit ’n foto wat tot openbare besit verklaar is
(“released into the public domain”)

PIETMAN is ’n wilde, woelige, wriemelende klein windorrel. Hy is impulsief en doen dinge vinnig sonder om te dink. Hy kan eenvoudig nie stilsit nie, hardloop rond en klouter oor die meubels wanneer die res van sy gesin net rustig wil gesels. En hy babbel aanhoudend oor sy eie dinge terwyl ander mense praat.

Gelukkig vir Pietman is sy probleem vroeg gediagnoseer. Baie ander kinders soos hy, wat hul gefrustreerde ouers baiemaal teen die mure kan uitdryf, se werklike beproewing word nog te dikwels nie besef nie en slegs as ’n onhebbelike stoutigheid beskou. Maar Pietman gaan nou die nodige behandeling kry. En die kans is uitstekend dat hy en sy gesin ’n rustiger tyd tegemoet sal gaan.
Pietman ly aan AGHS.
AGHS of aandagsgebrek-hiperaktiwiteitstoornis—wat internasionaal dikwels ADHD genoem word, die afkorting vir die Engelse attention deficit hyperactivity disorder—is een van die mees algemene stoornisse van die kindertyd.
Hoewel dit by kinders voorkom, kan die probleem meermale tot in die puberteit voorduur. En partymaal kom dit ook in die volwasse jare voor—en dan dikwels by totaal ongeorganiseerde ongelukkige mense, wat nie eens weet dat dit die rede is hoekom hulle nie by een werk kan bly of so sleg onthou om afsprake na te kom nie.
Maar in hierdie artikel word veral na die sindroom by jong kinders gekyk. Dit ontstaan immers reeds in die vroeë jare van ’n kind—as ’n neurologiese versteuring by nagenoeg vyf persent van die wêreldbevolking.
Die simptome
ONOPMERKSAAMHEID, hiperaktiwitweit en impulsiwiteit is die sleutelkenmerke van AGHS. Dit is normaal by alle kinders om soms onoplettend en ooraktief te wees en onnadenkend op die ingewing van die oomblik te handel, maar by kinders met AGHS is hierdie soort gedrag meer intens en kom dit ook meer dikwels voor.

Om met die stoornis gediagnoseer te word, moet ’n kind ses maande lank of langer die simptome daarvan vertoon en dit boonop in ’n erger graad hê as ander kinders van dieselfde ouderdom.

By kinders met simptome van onopmerksaamheid kan:
    Die aandag maklik afgelei word; hulle kan klein besonderhede nie opmerk nie, dinge vergeet en dikwels van een aktiwiteit na die ander oorskakel.
    Hulle kan dit moeilik vind om op een ding te konsentreer.
    Hulle kan ná slegs ’n paar minute verveeld raak met een taak, tensy hulle met iets besig is wat hulle rêrig geniet
    As skoliere kan hulle probleme hê met die voltooiing en inlewering van tuiswerk, en hulle verloor ook maklik dinge (byvoorbeeld potlode of geskrewe opdragte) wat hulle nodig het om hul take of bedrywighede te voltooi
    Dit lyk of hulle nie luister wanneer daar met hulle gepraat word nie
    Hulle lewe dikwels in ’n dwaal en kan maklik verward raak
    Hulle kan nie inligting so gou en akkuraat verwerk as andere nie
    Hulle sukkel om opdragte uit te voer

Kinders met simptome van hiperaktiwiteit kan:
    Op hul stoele rondkriewel
    Strykdeur praat en praat
    Rondhardloop en raak aan of speel met alles wat hulle voor hulle sien
    Sukkel om stil te sit aan tafel, in die skool en tydens die voorlees van stories
    Gedurig aan die beweeg wees
    Sukkel om take of bedrywighede uit te voer waartydens stilte vereis word
Kinders met die simptome van impulsiwiteit kan:
    Baie ongeduldig wees
    Onbehoorlike opmerkings uitblaker, hul emosies toon sonder om dit te beteuel en optree sonder om die gevolge in ag te neem
    Dit moeilik vind om op dinge te wag wat hulle wil hê of hul beurt af te wag wanneer speletjies gespeel word
    Dikwels gesprekke of ander bedrywighede onderbreek

Dit is belangrik om te weet dat AGHS misgekyk kan word deur foutiewelik te reken dat die jong lyers ander probleme het. Dromers kan lyk of hulle oplet omdat hulle so stil is, terwyl hulle in werklikheid in ’n ander wêreld verkeer. En kinders met die hiperaktiewe en impulsiewe vorms van AGHS kan as rakkers beskou word wat bloot emosionele en dissiplinêre probleme het.

Die diagnose moet dus gedoen word deur ’n professionele persoon wat opgelei is in die uitkenning en behandeling van AGHS. Doeltreffende behandelings is beskikbaar, wat gedragsterapie en medikasies insluit.

Wat veroorsaak AGHS?
WETENSKAPLIKES is nie seker wat die oorsaak kan wees nie, hoewel baie navorsingsresultate daarop dui dat oorerwing ’n rol speel. AGHS is waarskynlik egter die gevolg van ’n kombinasie van faktore, wat benewens die genetiese straks ook faktore soos breinbeserings, voeding en die maatskaplike omgewing kan insluit.

Studies is gedoen wat selfs op ’n potensiële skakel dui wat tussen tabak- en alkoholverbruik tydens swangerskap en AGHS kan bestaan. Maar die teorie dat suiker die stoornis veroorsaak of die simptome vererger, het heel moontlik die meeste aanhangers.

Tog word die suikerteorie vandag deur die meeste navorsers as ongegrond beskou. Kinders in studiegroepe van wie sekeres suiker ontvang het, het hulle nie anders gedra en ander leerprobleme ervaar as ander in dieselfde groepe wat met ’n plaasvervangende versoeter gevoer is nie.

En kinders wat voorheen breinbeserings opgedoen het, kan sekere gedragspatrone hê wat soortgelyk aan dié van AGHS  is. Maar dan is dit ook weer so dat slegs ’n klein persentasie van kinders met AGHS ’n traumatiese breinbesering gehad het.

Hoe word AGHS behandel?
IN die behandeling van AGHS word deesdae daarop gekonsentreer  om die simptome van die stoornis te verminder en funksionering te verbeter. Behandelings sluit in medikasie, verskillende soorte psigoterapie, opvoeding en opleiding of ’n kombinasie van verskillende soorte behandeling.

   Medikasie
DIE mees algemene soort medikasie vir AGHS word ’n “stimulant” genoem, wat inderdaad ’n kalmerende uitwerking op kinders met die stoornis het. Vir baie kinders help AGHS-middels deurdat dit die hiperaktiwiteit en impulsiwiteit verminder en hulle beter laat konsentreer, werk en leer. Medikasie kan straks ook tot beter fisieke koördinasie lei.

Maar met AGHS kan ’n mens nie sê dat alle lyers dieselfde op alle middels sal reageer nie. Wat vir die een kind werk, werk dalk glad nie ’n ander nie en een kan newe-effekte ervaar wat glad nie by ’n ander een voorkom nie.  Partykeer moet verskeie uiteenlopende middels beproef word om een te vind wat die regte een vir ’n bepaalde kind is.

Enige kind wat medikasie gebruik, moet noukeurig deur versorgers en dokters gemonitor word.

Maar is daar enige medikasie wat AGHS kan genees? Ongelukkig nie. Die middels beheer die simptome so lank as wat die kind dit gebruik. Hulle kan ’n kind help om op te let en sy of haar skoolwerk te voltooi. Dit is egter nie duidelik of medikasie kinders kan help leer en hul akademiese vaardighede kan verbeter nie. Deur die byvoeging van gedragsterapie, voorligting en praktiese steun kan kinders met AGHS en hul gesinne wel gehelp word om alledaagse probleme beter te hanteer.

   Psigoterapie

VERSKILLENDE soorte psigoterapie word vir AGHS gebruik. Gedragsterapie het ten doel om ’n kind te help om sy of haar handel en wandel te verander. Praktiese steun kan hier nodig wees, soos om die kind te help om take te organiseer, skoolwerk te voltooi of emosioneel moeilike gebeurtenisse te verwerk.

Met gedragsterapie word ’n kind ook geleer hoe om sy of haar eie gedrag te monitor. Voorligting in woedebeheer en hoe om te dink voordat hulle iets doen, is alles deel van die terapie, asook die opstel van duidelike reëls en vasstelling van gestruktureerde roetines.

Terapeute kan die kinders maatskaplike vaardighede leer, soos hoe om hul beurt af te wag, speelgoed te deel, om hulp te vra of op tergery te reageer. Onderrig in die interpretasie van gesigsuitdrukkings en die stemtoon van andere en hoe om paslik daarop te reageer, kan ook ’n deel van hierdie opvoeding vorm.
* Perdry terapie (reeds bespreek in vorige arttikels)
   Hoe kan ouers help?

KINDERS met AGHS het die leiding en begrip van hul ouers en onderwysers nodig om hul volle potensiaal te bereik en op skool te slaag. Voordat ’n kind gediagnoseer is, kon frustrasie, blaam en woede in ’n gesin opgebou het. Ouers en kinders kan dalk spesiale hulp nodig hê om al die kwade gevoelens te bowe te kom.

Professionele mense in geestelike gesondheidsorg kan ouers onderrig oor wat AGHS is en die impak wat dit op ’n gesin het. Hulle kan ook die kind en sy of haar ouers help om nuwe maniere te ontwikkel om hul onderlinge verhoudings te laat werk.

Kinders moet gehelp word om georganiseerd te bly en opdragte uit te voer. Bly elke dag by dieselfde roetine, van opstaantyd tot slaaptyd. Organiseer deur ’n plek vir elke ding te hê en elke ding op sy plek te hou, soos klere en speelgoed. Wees duidelik en standvastig. Kinders met AGHS het konsekwente reëls nodig wat hulle kan verstaan en volg.

Prys of beloon die kind wanneer reëls nagekom word. Hierdie soort kinders word dikwels gekritiseer en hulle verwag dit ook om kritiek te ontvang. Let egter spesiaal op goeie gedrag—en moenie daardie spreekwoordelike kloppie op die skouer vergeet nie.

Tieners en volwassenes met AGHS
DIE meeste kinders met AGHS het steeds simptome van die stoornis wanneer hulle hul adolessente jare binnegaan en het nog altyd spesiale hulp nodig.  Hiperaktiwiteit is wel geneig om af te neem namate kinders ouer word.

Tog bly sekere kinders AGHS-lyers tot in hul volwasse lewe. Boonop ly baie volwassenes aan die stoornis sonder dat hulle dit weet.

Hulle kan voel dat dit vir hulle onmoontlik is om georganiseerd te raak, by een werk te bly of om afsprake te onthou en na te kom. Gewone dagtake soos om soggens op te staan, gereed te maak om die huis te verlaat, betyds by die werk aan te kom en produktief te wees in dit wat hulle doen, kan besonder moeilik vir grootmense met AGHS wees.

Maar ook vir hierdie ongelukkige mense is hulp beskikbaar, indien hulle net sou instem om dit te aanvaar. Volwassenes met AGHS word eweneens met medikasie, psigoterapie of ’n kombinasie hiervan gehelp. Maar die nuutste terapie om AGHS te bestrei is perdry terapie.
Volgende blog sal 'n lewenservaring van 'n suksesvolle behandeling bevat oor Alicia Snyman, 'n AGHS-lyer wat deur perdry terapie haar kondisie dramaties verbeter het.

Perdry terapie

Perdry terapie het al ‘n hele klom kinders asook volwassens gehelp. Perdry terapie help leerders met selfvertroue, bevordring van gebreke ens.

Individue met verskillende fisiese, emosionele, kognitiewe en maatskaplike gebreke of uitdagings baat by terapeutiese perdry, ook bekend as geassisteerde perdryaktiwiteit of aangepaste perdryaktiwitieit.

Volgens die skoolhoof van die Dagbreek skool, mnr. Paul du Plessis, het die perdry-terapie ’n groot rol in die ontwikkeling van die leerlinge van die skool gespeel en het dit ’n daadwerklike invloed op die lewensomgewing van die kinders gehad.

Elke les is gestruktureer om te fokus op die verbetering van die spesifieke behoefte en die perde word spesiaal vir elke individu uitgesoek.
Vir ’n persoon wat aan aandagsgebrek- hiperaktiwiteitsindroom ly sal ’n perd wat ’n groter uitdaging aan die ruiter bied, gekies word. Die instrukteur sal ook volgreeksoefening by die terapie insluit, om te verseker dat die ruiter tot die einde van die sessie gefokus bly.

’n Persoon wat aan serebrale pulsie ly en spastiese spiertonus het, sal op ’n perd met ’n smal rug ry, sodat die persoon nie oorstrek word terwyl hy/sy op die perd sit nie.
Lesse word so gestruktureer sodat die ruiter ontspanne sal wees en gestrek sal word. Die voordele van terapeutiese rykuns is gegrond op die beweging van die perd. Volgens me. Burmeister bied die drie-dimensionele, ritmiese beweging van die perd stimulering aan die spiere van die ruiter.
Die vorming van die band tussen die ruiter en perd kan ’n reusesin van vryheid aan die individu tot gevolg hê en bevorderlik wees vir vertroue en ’n sin vir eiewaarde.
Oefeninge en opdragte wat normaalweg as vervelig of “werk” gesien word in ’n tradisionele terapeutiese omgewing, word gewoonlik pret tydens ’n terapeutiese perdrysessie. Die perde kan die ruiter help om in beheer van hul omgewing te voel, aangesien daar ’n duidelike wederkerige betrekking tussen aksie en reaksie is.
Om ’n verhouding met die perd te bou, kan ’n lonende ondervinding vir ’n mens wees. Vir ’n persoon met ’n emosionele, maatskaplike of psigologiese gebrek, kan die vertroue en lojaliteit van die dier aan die ruiter oorgedra word en kan dit ’n bydrae lewer tot persoonlike verhoudings.

Die onvoorspelbare aard van diere en toestande skep ’n ware lewensomgewing, waarbinne die studente hul vrese sal kan beheer en aanpassings kan maak vir toestande buite hulle beheer.

Ouers en skole moet meer bewus word van die effek van perdry terapie op skoliere en dit begin implimenteer om ons leerders van vandag te help. Of wat’s jul opinie?

Sunday 6 May 2012

Perdryterapie help Dagbreek

Perdryterapie help Dagbreek
Me. Vesta Burmeister besig met ’n terapeutiese perdrysessie met ’n jong kliënt.
Individue met verskillende fisiese, emosionele, kognitiewe en maatskaplike gebreke of uitdagings baat by terapeutiese perdry, ook bekend as geassisteerde perdryaktiwiteit of aangepaste perdryaktiwitieit.
Ongeveer 130 leerlinge van die Dagbreek-skool in Windhoek het reeds die afgelope drie jaar by perdryterapie gebaat, maar kan nie met die spesiale terapie voortgaan nie as gevolg van ’n tekort aan geld om vir die terapie te betaal.
Volgens die skoolhoof van die Dagbreek skool, mnr. Paul du Plessis, het die perdry-terapie ’n groot rol in die ontwikkeling van die leerlinge van die skool gespeel en het dit ’n daadwerklike invloed op die lewensomgewing van die kinders gehad.
“Hulle het oor ’n tydperk ’n verhouding met die perde opgebou wat bevorderlik was vir hul gevoelens van vertroue en eiewaardigheid,” het mnr. Du Plessis gesê.
Hy het genoem dat die perdryterapie van groot waarde is vir die leerlinge van die skool en dat hulle daarmee sal wil voortgaan indien hulle borge kan kry om vir die terapeutiese sessies te kan betaal. Die skool het ook sy dank teenoor die vorige borg, Letshego Namibia, uitgespreek vir die borgskap aan die terapeutiese perdry-projek vir die afgelope drie jaar.
Terapeutiese perdry word reeds vir honderde jare gebruik om terapie te gee aan mense met verskeie gebreke. In die 1950’s is die terapeutiese waarde van perdryterapie erken, nadat begin is met terapie vir gewonde soldate by die Oxford-hospitaal gedurende die eerste wêreldoorlog.
Terapeutiese perdry verskil van tradisionele perdry en volgens me. Vesta Burmeister wat terapeutiese perdrysessies aanbied, het die individue wat aan terapeutiese perdry deelneem verskillende behoeftes wat vooraf geïdentifiseer word.
Elke les is gestruktureer om te fokus op die verbetering van die spesifieke behoefte en die perde word spesiaal vir elke individu uitgesoek.
Vir ’n persoon wat aan aandagsgebrek- hiperaktiwiteitsindroom ly sal ’n perd wat ’n groter uitdaging aan die ruiter bied, gekies word. Die instrukteur sal ook volgreeksoefening by die terapie insluit, om te verseker dat die ruiter tot die einde van die sessie gefokus bly.
“Dit is noodsaaklik dat daar baie beweging, soos trippel en gallop van die perd en verskeie speletjies, by die terapie betrokke is om die ruiter geïnteresseerd te hou.”
’n Persoon wat aan serebrale pulsie ly en spastiese spiertonus het, sal op ’n perd met ’n smal rug ry, sodat die persoon nie oorstrek word terwyl hy/sy op die perd sit nie.
Lesse word so gestruktureer sodat die ruiter ontspanne sal wees en gestrek sal word. Die voordele van terapeutiese rykuns is gegrond op die beweging van die perd. Volgens me. Burmeister bied die drie-dimensionele, ritmiese beweging van die perd stimulering aan die spiere van die ruiter.
Die vorming van die band tussen die ruiter en perd kan ’n reusesin van vryheid aan die individu tot gevolg hê en bevorderlik wees vir vertroue en ’n sin vir eiewaarde.
Oefeninge en opdragte wat normaalweg as vervelig of “werk” gesien word in ’n tradisionele terapeutiese omgewing, word gewoonlik pret tydens ’n terapeutiese perdrysessie. Die perde kan die ruiter help om in beheer van hul omgewing te voel, aangesien daar ’n duidelike wederkerige betrekking tussen aksie en reaksie is.
Om ’n verhouding met die perd te bou, kan ’n lonende ondervinding vir ’n mens wees. Vir ’n persoon met ’n emosionele, maatskaplike of psigologiese gebrek, kan die vertroue en lojaliteit van die dier aan die ruiter oorgedra word en kan dit ’n bydrae lewer tot persoonlike verhoudings.
Die onvoorspelbare aard van diere en toestande skep ’n ware lewensomgewing, waarbinne die studente hul vrese sal kan beheer en aanpassings kan maak vir toestande buite hulle beheer.
Persone wat daarin belangstel om ’n borgskap ten opsigte van perdryterapie vir die leerlinge van die Dagbreek-skool te maak, kan die skoolhoof, mnr. Paul du Plessis, by 081 240 4496 of 061-227 901 kontak.

Perd is 'n perd is 'n terapeut!

Voorblad: Perd is 'n perd is 'n terapeut!
2010-05-08 13:21
Magda Swart
Wanneer kinders in die natuur blootgestel word aan perde, hulle leer verstaan en begin ry, gebeur daar iets. Jy sien dit in hul oë, in hul houding... Dis dáárdie iets (wat nie so maklik gedefinieer kan word nie) wat jou laat besef diegene wat oor perde se helende uitwerking op die mens praat, is dalk nie heeltemal verkeerd nie.


Elna Wahl is al langer as tien jaar besig met kinders en perde by Mooikrans Equus op haar plaas Mooigelegen naby Amersfoort in Mpumalanga. En ná al die jare is sy steeds verwonderd oor hoe ongelooflik goed die kinders reageer wanneer hulle 'n week of langer op die plaas in aanraking kom met die perde.

"Hulle kom hier aan met hul stadsklere en ongeërgde houding... baie belangrik en vol bravade of skaam, bang vir alles en duidelik heeltemal uit hul plek tussen al die ander vreemde kinders en die plaasdiere.
"Dan begin die wonderwerk tussen perd en kind. En wanneer daardie 'stadskind' huis toe gaan, gebeur daar gewoonlik drie dinge: Eers die hartseer afskeid van nuwe vriende en 'n baie spesiale perd, en dan die belofte om so gou moontlik terug te kom. En 'n dag of wat later bel 'n ouer gewoonlik om te vertel hoe die kind verander het. Altyd ten goede." 
As Elna begin gesels oor wat sy haar "spesiale kinders" noem, blink haar oë. So was daar 'n seun wat byna by die einde van sy pad in Boys Town gekom het. Sy pa was moedeloos en het hom een vakansie op Mooikrans kom aflaai. 
"Aanvanklik was ek maar skepties en het vir sy ouers gesê die eerste keer dat hy probleme veroorsaak, stuur ek hom huis toe. Hy kom toe ook hier aan – onwillig, dikmond, beketting en loop met 'n slap houding. Ek het nie veel hoop gehad nie, maar perd en natuur het wéér gewerk.

"Drie dae later het ek sy pa gebel. Nie om hom te kom haal nie, maar om vir hom te sê watter oulike seun hy het.
"Moenie dink dit was maklik nie. Hy't maar moeilik aangepas en ons moes ferm optree. Maar toe daardie 'iets' gebeur, het alles begin verander. Terug by die skool, het sy gedrag so verbeter dat hy uit Boys Town kon gaan na 'n ander skool. Hy het gekies om na 'n kosskool naby Mooikrans te kom sodat hy soveel tyd moontlik hier op die plaas kon deurbring.
En vandag is hy 'n suksesvolle jong man wat besig is om te bou aan 'n loopbaan."